Menstruasie

'n Meisie se liggaam begin meer vroulike kenmerke tydens puberteit (vanaf die ouderdom van 11 – 12) ontwikkel. Dit is ook in hierdie tyd wanneer die menstruasie-siklus begin. Die menstruasie-siklus vind plaas om 'n meisie se liggaam vir moontlike bevrugting en swangerskap (sien ook Voortplanting) voor te berei. Die siklus word deur die hormone vanuit die buise van Fallopius, en van kliere in ander dele van die liggaam, beheer. Die siklus neem ongeveer 28 dae om te voltooi, alhoewel dit kan wissel van 21 tot 35 dae. Die endometrium (binne-voering) van die baarmoeder gaan deur vier stadiums of fases tydens die menstruasie-siklus.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search